Interessante wiskunde-brokkies

Een aand na ’n troue is die gaste op pad huis toe. Een dame sien dat daar nog heelwat kolwyntjies oor is op die koektafel. Sy besluit toe om 1/6 van die kolwyntjies saam met haar huis toe te neem.

’n Paar oomblikke later stap nog ’n gas verby en neem 1/5 van die kolwyntjies huis toe.
’n Ander gas besluit om 1/4 van die kolwyntjies saam met hom huis toe te neem.
Nog later neem een van die kelnerinne 1/3 van die kolwyntjies huis toe.
Die bruidspaar besluit om 1/2 van die kolwyntjies saam met hulle huis toe te neem wat dan 3 kolwyntjies agterlaat.

Hoeveel kolwyntjies was op die koektafel?

Antwoord:

VAW

Ons deel eerstens ons totale hoeveelheid op in 6des, omdat die eerste persoon  van die kolwyntjies neem. Daarna deel ons dit in 5des, 4des(kwarte), 3des en halwes. In swart dui ons elke keer die hoeveelheid wat geneem word aan.

Die laaste wit gedeelte wat oorbly, weet ons is 3. Al die dele word elke keer gelyk opgedeel, daarom kan ons sê dat die oorspronklike hoeveelheid 6 x 3 dele is met ’n totaal van 18 kolwyntjies.