Hoe vêr kan jy tel?

Veronderstel dit neem 4 sek. om ’n nommer uit te spreek en jy begin tel van ‘n 10 jarige ouderdom en hou aan tel, sonder ophou, totdat jy 70 jaar oud word. Tot by watter nommer sal jy kan tel (ignoreer die skrikkeljare)?

telAntwoord:
Wanneer iemand jou hierdie vra is die antwoord gewoonlik: “Sovêr soos wat ek nommers kan identifiseer!”. Dit neem ongeveer 1 sekonde om ’n getal met twee syfers uit te spreek en ongeveer 5 sekondes om ’n getal met 6 syfers uit te spreek. As ons dan op ’n gemiddeld van 4 sekondes per nommer werk kan ons met ’n eenvoudige bewerking die antwoord bereken.

Ons sal tel vir 60 jaar tussen die ouderdom van 10 en 70 jaar. Elke jaar bevat 365 dae (skrikkeljare word buite berekening gehou), 24 uur per dag, 60 minute per uur en 60 sekondes per minuut.

tel