Assessering met die selfoon

Daar is fyn balans tussen onderwys tegnologie integreer en goeie gestruktureerde klas gee. Een ding is verseker as die tegnologie te moeilik is om aan te leer of elke keer snaaks reageer sal enige onderwyser dit eerder op sy sit. Die tyd is eenvoudig net te min om te sukkel met tegnologie wat nie-effektief werk nie. Die volgende sagteware is egter anders. Dit is maklik, eenvoudig om te integreer en kan dien as ’n magtige assesserings praktyk wat op enige vak van toepassing is.
Read More

Onderwyser-app vir Sep

Edmodo is 'n opvoedkundige webwerf wat die idee van 'n sosiale netwerk aanneem; verfyn en geskik maak vir gebruik in die klaskamer. Edmodo laat onderwysers toe om nie net veilig met leerders te kommunikeer oor die internet of selfoon nie, maar ook met ouers en mede onderwyser. As onderwyser kan jy bv. video’s, dokumente, ou vraestelle en lesse vanaf jou rekenaar oplaai en dit beskikbaar stel vir leerders.
Read More

Onderwyser-app vir Aug

As ek die aantal geheuestokkies wat ek al besit het, moet uitpak sal ek verseker van een rugby-paal na ’n ander kan loop. Tog is ek alewig op soek na ’n stokkie... Hierdie moedeloosheid het my genoodsaak om die tegnologie wêreld te ondersoek vir iets meer effektief waar ek my inligting kan stoor en dit makliker bekombaar kan wees. Google drive was vir my die antwoord. Vir die laaste jaar of so gebruik ek Google drive en het ek nou al gemaklik geraak om al my inligting daar te stoor.
Read More