Assessering met die selfoon

Het jy al ooit gewonder hoe om ’n om ’n leerder selfoon positief te benut in die klaskamer? Vir een so idee lees hier.

Daar is fyn balans tussen onderwys tegnologie integreer en goeie gestruktureerde klas gee. Een ding is verseker as die tegnologie te moeilik is om aan te leer of elke keer snaaks reageer sal enige onderwyser dit eerder op sy sit. Die tyd is eenvoudig net te min om te sukkel met tegnologie wat nie-effektief werk nie. Die volgende sagteware is egter anders. Dit is maklik, eenvoudig om te integreer en kan dien as ’n magtige assesserings praktyk wat op enige vak van toepassing is.

Die sagteware se naam is Kahoot. Kahoot is speletjie-gebaseerde klaskamer assesserings sisteem.  Dink daaraan as ’n interaktiewe manier om jou kinders betrokke te kry en terselfdertyd sommer formatiewe, informele assessering toe te pas. Met Kahoot kan die onderwyser op die webtuiste ’n lys van multikeuse vrae en antwoorde vooraf opstel. Na ’n afdeling van inhoud afgehandel is laai die onderwyser die webtuiste vanaf die internet, leerder kan dan op hulle selfone na dieselfde webtuiste gaan en inteken met ’n kode wat die onderwyser aan hulle verskaf. Die lekker van Kahoot is dat leerders nie nodig het on ’n profiel te skep nie. Die leerders teken in op die onderwyser se profiel met die kode wat aan hulle verskaf word. Elke keer as die onderwyser ’n nuwe multikeuse vraelys skep verskaf die webtuiste ’n nuwe kode. Die webtuiste verskaf ook ’n volledige verslag van elke antwoord wat deur elke deelnemende leerder gekies is. Dit is regtig ’n lekker eenvoudige manier vir enige onderwyser in enige vak om interaktiewe assessering toe te pas, veral op daardie Vrydagmiddag toets periode waar leerders so bietjie motivering nodig het.

Hier is die webtuiste en ’n paar beginners-punte:

Webtuiste: https://kahoot.it

1) As onderwyser gaan na die webtuiste en skep ’n rekening deur onderaan die bladsy te klik

2) Vul al die nodige inligting in

3) Klik op “Create a new quiz?”

4) Gee jou vraelys ’n naam en klik op “Go”

5) Tik jou eerste vraag in die blokkie (Jy het 95 karakters)

6) Daar is ook die opsie om ’n prentjie of dokument vanaf die internet of uit ’n handboek op te laai

7) Verskaf die 4 moontlike antwoorde en klik op die “incorrect” om dit te verander na “correct” vir die korrekte antwoord (Daar is selfs opsies om wiskundige somme in te voeg)

8) Klik op “add question” om nog vrae by te voeg en volg dieselfde prosedure as hierbo

9) Op die volgende skerm verskaf jy inligting oor jou vraelys

10) Die laaste skerm gee die opsies “play”, “preview” of “edit”. Hier kan jy nou begin met die vraelys of dit stoor om op ’n ander geleentheid te speel

11) Wanner jy op “play klik sal die speletjie oopmaak met ’n “game code” (Onthou om jou rekenaar aan ’n projektor te koppel sodat leerder die vrae op jou rekenaar skerm kan sien)

12) Leerders wat op hulle selfone na die webtuiste gaan soos hierbo sien dadelik die vraag “game code”. Wanner hulle dan die kode intik wat op die onderwysers se skerm staan teken hulle in op die vraelys.

13) Leerders kies self hulle naam wat vertoon word (Hier is dit goed om goeie digitale burgerskap te bevorder deur vir leerders te leer om nie onvanpaste name ens. te skep nie. ’n Goeie metode is om volgens klaslys te werk sodat leerders weet hulle moet hul eie naam invul)

14) Wanner al die leerders in die klas ingeteken is klik op begin en die eerste vraag sal vertoon word. Na die tyd limiet sal daar ’n vinnige verslag verskyn van die 5 vinnigste korrekte antwoorde. Daarna kan jy aanbeweeg na vraag 2.

Vir enige navrae oor Kahoot of ander onderwys tegnologie stuur gerus ’n epos na ruan@helpendehand.co.za